Die Universiteit van die Vrystaat se landbou fakulteit het onlangs merkwaardige vordering gemaak met die ontvangs van 'n hommeltuigskenking vanaf Rectron. Prof. Johan van Niekerk, vise-dekaan van landbou, het die belangrikheid van hierdie skenking tydens 'n bekendstellingsgeleentheid onderstreep.
NWK span vanjaar nie minder nie as ses stootskrapers in om sowat 2 000 km se grondpaaie van en na sy silokomplekse te skraap. Dié projek het op 22 April afgeskop en die kostes gaan na raming sowat R2 miljoen beloop. OFM Agri het vroeër met hoof-uitvoerende beampte Theo Rabe…
Die Noordwes afdeling van die Rooivleisprodusente Organisasie se jaarkongres vind op 28 Mei plaas. Hoofbestuurder Boeta Du Toit verduidelik meer oor die werksaamhede van hierdie groep.
OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, gesels met Nashua verkoopsbestuurder in die Vrystaat, Noord-Kaap en Lesotho, Rikus Krüger, oor die maatskappy se innoverende veiligheids- en energie-oplossings vir jou plaas.
Een van die Noordwes-provinsie se hoofverdagtes in ‘n beweerde veediefstalsindikaat, Rasta Kenosi, kom weer vandag in die Ganyesa-landdroshof voor nadat hy, en nog vermeende medepligtiges, verbind is met die vergiftiging van 40 stuks vee verlede jaar. Kenosi staan ook tereg op vyf ander aanklagte in aparte sake. Agri Noordwes hoofbestuurder,…
’n Nuwe opwindende hoofstuk wag vir die historikus en regsgeleerde, prof. Andries Raath (69), wat pas aangestel is as die landbouorganisasie, TLU SA, se nuwe streeksbestuurder in die Vrystaat. Raath, ’n kommersiële boer naby Brandfort, sal vanaf Mandag, (27/5) as bestuurder dien. Sy seun, Jannie, het die pos voor hom…
The digital editor of Farmer’s Weekly, Sindira Chetty, gives an overview of the latest news in the agricultural industry covered in the magazine and on its website.
Johan Gunter gesels oudergewoonte op ‘n Vrydag met OVK se John Melville oor die vroegspeen van lammers en hoe om hulle markgereed te kry; en Zinandi Geyer het die nuutste wolpryse.
Vriende van Landbou, ‘n nie-winsgewende liefdadigheidsorganisasie, wat die landbousektor in Suid-Afrika ondersteun. het ‘n propvol jaar vol fondsinsamelings beplan waarby jy betrokke kan raak. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het tydens NAMPO Oesdag met stigter Gerhard Kriel oor hul planne gesels…
Johan Gunter gesels met Isabel Kruger, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou oor die oprig van 'n groot abattoir in Lesotho en die vrees van oorgrens veediefstal wat kan groei…
Die Reserwebank waarsku die Europese koolstofbelasting 'n negatiewe impak kan hê op Suid-Afrika se uitvoer en die ekonomie. Die Verenigde State, Japan, Kanada en die Verenigde Koninkryk oorweeg hulle eie weergawes hiervan. Ekonomiese ontleder en dosent aan die Noordwes-Inivesiteit, Prof Waldo Krugell, brei meer uit oor wat politieke partye se…
Klimaatsverandering en die mens se reaksie daarop in terme van boerdery praktyke en wetgewing bly ‘n taai toffie. Ontleders is dit egter eens dat voedselsekerheid en klimaatslimboerdery hand-aan-hand gaan. Ons hoor van meteoroloog Anika de Beer, die rooivleisbedryfdienste se Dewald Olivier, Nedbank se John Hudson en Agri SA se Johan…
Wat hou die weer in waneer dit by die El Niño en La Niña-siklusse kom? Meteoroloog en besturende direkteur van Restore Africa, Anika de Beer, het tydens ‘n onlangse Nasie in Gesprek paneelbespreking by NAMPO Oesdag meer vertel oor wat produsente vir die res van die jaar kan verwag asook…
Die rooivleisbedryf is ’n groot ekonomiese drywer in die Noordwesprovinsie en minder gunstige weidingstoestande kan vanjaar ’n demper op produksie plaas. Naudé Pienaar, adjunk-hoofbestuurder van Agri Noordwes, vertel daar was vir ’n geruime tyd nie genoegsame reën tydens die groeiseisoen nie en dat dit ’n lang, moeilike winter gaan wees…
‘n Onlangse geval van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap het groot kommer veroorsaak in die Suid-Afrikaanse vleisbedryf. OFM Agri se Robyn Schutte het met voorsieningskettingbestuurder by die Beefmaster Group, Roelie van Reenen, hieroor gesels.
During a recent Nation in Conversation panel discussion at NAMPO Harvest Day, Anlie Hattingh, eNCA news anchor, facilitated a discussion on the critical role of partnerships in the agricultural sector. Francois Strydom, CEO of the Senwes, shared his insights on how government can foster investment in the food and fibre…
20 May 2024 11PM
3 min
840 – 860
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.