Verskeie uitstallers het gedurende NAMPO Oesdag, nuwe produkte en dienste geloods. AgRetail is ’n gratis digitale platform waardeur produsente insetaankope kan doen.
OFM Agri se Robyn Schutte het met die voorsitter van die National Livestock Farmers Association, Brenda Maaroganye, gesels oor die belangrikheid van georganiseerde landbou, en die nuutvorming van NERPO na NaLFA-SA.
Johan Gunter gesels verder met OVK se John Melville voedingsriglyne as dit kom by die vroegspeen van lammers en ons hoor ook van Zinande Geyer oor die jongste OVK wolveiling…
Farmer’s Weekly redakteur, Janine Ryan, vertel meer oor die jongste uitgawe wat vandag op die rakke verskyn. Of lees meer aanlyn by farmersweekly.co.za en volg hulle sosiale media-blaaie vir gereelde opdaterings.
Die Graan SA, Omnia en Landbou Weekblad se Boereplanne Kompetisie is een van die groot trekpleisters by NAMPO Oesdag. Bertus Goosen van Botswana was die wenners in die A-afdeling en sy dogter Nicolene in die C-afdeling. Die tienjarige David de Wet van Ermelo het ook weer gewen in die skole…
Daar heers steeds groot kommer oor veeboere wat nie diefstal aanmeld nie. Die Vrystaat RPO se Hans Annandale sê georganiseerde landbou sal sake verder voer en produsente moet nie bloot opgee en voel dit help nie om misdaag aan te meld nie. Johan Gunter het met hom gesels.
Een van die items op die NAMPO Oesdag program wat groot belangstelling uitgelok het, was ‘n Nasie in Gesprek paneelbespreking oor verwagtings rondom die verkiesing. Nedbank hoofekonoom, Isaac Matshego, en politeke ontleder, JP Landman, hoop dat ongeag wie die volgende regering is, dat die goeie samewerking tussen die regering en…
Bayer bied geïntegreerde oplossings aan produsente deur toppresterende saad en geentegnologie met ’n wye reeks gewasbeskermingsoplossings te kombineer. Vanjaar is daar ook opwindende nuus met die Boervrou van die Jaar-kompetisie. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het met Bayer se Marna Swart gesels om meer uit te vind.
Sowat 10 deelnemers het vanjaar hulle uitvindings ingeskryf vir die Nampo Boereplanne. Boer en deelnemer van Secunda, Lourens Jacobs, het vanjaar twee van sy Boereplanne, albei in die B-afdeling van die kompetisie ingeskryf - die Stomp Chopper en die Korrel chemikalieë toediener.
Produsente kan nie van die realiteit van klimaatsverandering wegskram nie. Tydens vandag se eerste Nasie in Gesprek paneelbespreking by Graan SA se NAMPO Oesdag, het Agri SA hoof uitvoerende beampte, Johann Kotzé, gesê dat landbouers nie nog reëls en wetgewing nodig het om verantwoordelik te boer nie. Hy meen dat…
Nog ‘n nuutjie by vanjaar se NAMPO Oesdag is die Syngenta Landbou Boerekos Plaaskombuisrestaurant, naby hek 2. OFM Agri se Robyn Schutte het met Syngenta bemarkingsbestuurder, Christian Giesel (Engels ghee-zil), gesels tydens die bekendstelling.
OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger gesels met Veldskoen se Driekie Zondagh oor hoekom jy vanjaar by hul stalletjie by NAMPO Oesdag moet gaan draai…
13 May 2024 11PM
6 min
860 – 880
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.