Hoeveel 'baggage' sleep jy saam na jou volgende verhouding?
Loading player...
Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor ’n onderwerp wat al dikwels in gesprekke oor nuwe verhoudings opduik: daardie sogenaamde “baggage” wat ’n mens uit ’n vorige verhouding kan saamdra.
Maar hoe weet jy of jy nog emosionele seer uit die verlede saamdra, en hoe maak jy seker dat dit nie jou nuwe verhouding beïnvloed nie?
Madeleen verduidelik dat ’n mens soms jou eie terapeut moet wees. Net soos wat jy in die spieël kyk voordat jy die huis verlaat om seker te maak jou hare lyk reg en jou klere pas mooi, moet jy ook in jou emosionele spieël kyk.
Vra jouself af: Is daar dalk iets uit my vorige verhouding wat my seergemaak het en wat ek nou onbewustelik in my nuwe verhouding indra? Is ek besig om my huidige maat te laat boet vir iets wat iemand anders aan my gedoen het?
Volgens Madeleen is een manier om uit te vind of daar dalk nog onverwerkte emosies is, om te let op hoe jy op sekere situasies reageer. Reageer jy soms baie sterk op iets wat eintlik nie so ’n groot emosionele uitbarsting regverdig nie? En, belangriker nog, hoe gereeld gebeur dit? Is daar dalk ’n patroon, waar jy telkens oor dieselfde soort dinge ontsteld raak?
Dit is ook belangrik om na jou maat te luister wanneer hulle met jou wil praat oor jou reaksies. As jou maat voel dat jy soms oorreageer op klein dingetjies, is dit dalk die moeite werd om stil te staan en te ondersoek waar daardie emosies vandaan kom. Dit beteken nie noodwendig dat jou gevoelens verkeerd is nie, maar dit kan jou help om beter te verstaan waarom sekere situasies jou so sterk beïnvloed.
Madeleen beveel aan dat jy, wanneer jy uit ’n verhouding kom en vermoed dat jy nog emosionele “baggage” saamdra, dit kan help om ’n professionele persoon te gaan sien. Selfs net een of twee sessies kan jou help om sekere dinge beter te verstaan en te verwerk voordat jy dit saam met jou na ’n nuwe verhouding neem.
Want ons almal het ’n verlede, en ons almal dra op een of ander manier ons ervarings saam met ons. Die belangrike ding is om te besef wanneer daardie ervarings steeds ’n invloed op ons het, en om verantwoordelikheid te neem vir ons eie emosionele welstand.