Al hoe meer kritiek teenoor Israel oor Wesoewer

Loading player...
Teen middel 2026 het ten minste 33 individuele lande geteikende sanksies ingestel teen gewelddadige Israeliese setlaars, ekstremistiese buiteposte en geassosieerde finansiële netwerke in die besette Wesoewer. Met hernude geweld bly die kwessie in die nuus en die Israeliese weermag ondersteun die setlaars in die gebied. Die VN se spesiale rapporteur oor die besette Palestynse gebiede Francesca Albanese het met Al Jazeera gepraat.
17 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zverev vat Amerikaanse Ope

Die topgekeurde Alexander Zverev het die plaaslike gunsteling, Ben Shelton, geklop en sy eerste Amerikaanse Ope-titel gebuit. Die Duitser het die agste gekeurde Amerikaner verslaan en sy tweede Grand Slam-titel opgeraap. Die 29-jarige speler is slegs die vierde man in die Ope Era se geskiedenis wat in dieselfde seisoen met…
14 Sep 1AM 1 min

Winde waarsku oor El Niño se impak op landbou

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, waarsku die landbousektor om hulle nou vir die uitwerking van El Niño voor te berei. Winde sê boere, munisipaliteite en die regering moet vroegtydig optree om lewensbestaan te beskerm en risiko's te verminder. Hy sê hoewel die ergste gevolge van El Niño gewoonlik…
14 Sep 1AM 1 min

Grootfontein skou later die maand

Die Grootfontein-skou keer van 23 tot 25 September terug en bring kampioen perde, toonaangewende veetelers, landbou, kos, gesinsvermaak en die legendariese Grootfontein-kuier saam. Kosmos 94.1 Nuus het met mede-organiseerder Bianca Coetzee gesels wat sê dat vanjaar se skou met ’n optog in seerowerstyl begin, sowel as verrassings-"ontvoerings" van plaaslike sakelui…
14 Sep 12AM 1 min

Parlementstuine steeds gesluit, na amper 10 jaar

Openbare toegang tot die Parlementstuine in Windhoek bly beperk, met owerhede wat bevestig dat 'n spesifieke datum vir 'n volle heropening nog nie bepaal is nie. Die tuin is in Januarie 2017 gesluit vir rehabilitasie. Woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, het verduidelik dat terwyl voortgesette rehabilitasie- en restourasiewerk…
14 Sep 12AM 1 min

Etosha-brand: Waar's die planne, hulpbronne?

Die jongste veldbrande in die Etosha Nasionale Park het gelei tot hernude oproepe om beter paraatheid en reaksie ten opsigte van veldbrande in Namibië. Meer as 18 000 hektaar is reeds verwoes. Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewingsake en toerisme, sê die brande wat oor die naweek in…
14 Sep 12AM 1 min