
Etosha-brand: Waar's die planne, hulpbronne?
Loading player...
Die jongste veldbrande in die Etosha Nasionale Park het gelei tot hernude oproepe om beter paraatheid en reaksie ten opsigte van veldbrande in Namibië. Meer as 18 000 hektaar is reeds verwoes. Rodrick Likando, die IPC se skaduminister van omgewingsake en toerisme, sê die brande wat oor die naweek in die Halali-, Kamaseb- en Tsam-gebiede aangemeld is, beklemtoon ernstige kommer oor die land se vermoë om op groot veldbrande te reageer. Hy sê die herhaling van groot brande, minder as 'n jaar na die verwoestende Etosha-brand van 2025, laat vrae ontstaan oor paraatheid, koördinering en hulpbronne. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

