
Winde waarsku oor El Niño se impak op landbou
Loading player...
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, waarsku die landbousektor om hulle nou vir die uitwerking van El Niño voor te berei. Winde sê boere, munisipaliteite en die regering moet vroegtydig optree om lewensbestaan te beskerm en risiko's te verminder. Hy sê hoewel die ergste gevolge van El Niño gewoonlik in somerreënvalgebiede gevoel word, staar die Wes-Kaap risiko's in die gesig, insluitend hoër temperature, 'n groter gevaar van veldbrande en toenemende druk op waterbronne.

