En ons sluit in Suid-Afrika af: Die DA beskuldig die Gautengse premier Panyaza Lesufi van voortslepende mislukking om inwoners, veral vroue, te beskerm al spog hy met sy tegnologies gevorderde misdaadbekampingstegnieke. Dit volg terwyl die polisie die ontdekking van nege vroue se liggame in Kemptonpark ondersoek. Solly Msimanga van die…
Namibië oorweeg 'n nuwe heffing vir bek-en-klouseer om fondse in te samel ter beskerming van die veebedryf teen die toenemende bedreiging van die siekte. Volgens die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad word die voorgestelde tydelike heffing steeds bespreek en kan dit ongeveer 0,76 persent van die waarde van 'n veetransaksie beloop. Die…
Savanna Beef sê hy fokus op die toekoms en beoog verdere groei en werkskepping ná 'n sterk eerste bedryfsjaar. Tussen Augustus 2025 en 31 Julie 2026 het die maatskappy meer as 12 600 beeste geslag en verwerk en 267,95 miljoen Namibiese dollar aan produsente uitbetaal. Savanna Beef se werksmag het…
Fidji het ‘n noodtoestand verklaar rakende MIV. Gesondheidsbeamptes skat dat ongeveer 1 uit elke 60 volwassenes in Fidji tans met MIV leef, 'n toename vergeleke met 1 uit 165 vyf jaar gelede. Die epidemie het uitgebrei van gekonsentreerde hoërisikogroepe na die algemene bevolking. Voorgeboortelike toetse toon dat ongeveer 1 uit…
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië sê die land se telekommunikasiesektor het ‘n beduidende positiewe groei in die tweede kwartaal van 2026 getoon. In sy jongste Tweede Kwartaal Statistiekbulletin, wat die tydperk April tot Junie 2026 dek, toon Cran-navorsing dat aktiewe mobiele SIM-kaartintekeninge met 2 persent tot ongeveer 2,79 miljoen intekeninge toegeneem…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.