
Telekommunikasiesektor groei in K2 van 2026
Loading player...
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië sê die land se telekommunikasiesektor het ‘n beduidende positiewe groei in die tweede kwartaal van 2026 getoon. In sy jongste Tweede Kwartaal Statistiekbulletin, wat die tydperk April tot Junie 2026 dek, toon Cran-navorsing dat aktiewe mobiele SIM-kaartintekeninge met 2 persent tot ongeveer 2,79 miljoen intekeninge toegeneem het. Die owerheid se uitvoerende hoof vir kommunikasie, Mufaro Nesongano sê toegang tot breëbandinternet-dienste het ook landwyd met 2 persent gegroei.

