
SA loods aflandige windkrag raamwerk
Loading player...
Die Suid Afrikaanse Departement van Elektrisiteit en Energie en die Wêreldbankgroep het 'n strategiese raamwerk vir die ontwikkeling van aflandige windkrag in Suid-Afrika bekend gestel. Die bekendstelling was tydens die Afrika Groenwaterstof-beraad in Kaapstad. Adjunkminister Alexandra Abrahams sê Suid-Afrika se geografiese ligging sorg vir bestendige windtoestande langs die kus, wat geleenthede skep vir die ontwikkeling van hernubare energie. Sy voeg by die raamwerk vorm deel van studies oor aflandige windkrag wat die Wêreldbank laat doen het:

