
Krieket Namibië: Windhoek-krieketreekse baie suksesvol
Loading player...
Krieket Namibië sê die onlangse krieket-reekse wat hier in Windhoek gespeel is, was baie suksesvol. Die FNB Eagles het as gasheer opgetree vir Suid-Afrika en Zimbabwe tydens die FNB T20-drielandereeks en 'n daaropvolgende bilaterale eendag-reeks in Windhoek. Die Proteas het in Namibië skoonskip gemaak toe hulle het die FNB T20-drielandereeks-trofee verower ná 'n strawwe eindstryd teen Zimbabwe. Hulle het daarna die Eagles geklop deur die reeks met 3-0 te wen. Hoewel die Namibiese Eagles in die wedstryde van 50 boulbeurte nie die paal kon haal nie, sê Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, dat dit vir hulle 'n opwindende ervaring was.

