
Arbeidminister vergader met werkers, bestuur van Beifang Mining Services
Loading player...
Arbeidminister Wise Immanuel het oor die naweek met werknemers en bestuur van Beifang Mining Services in Swakopmund vergader as deel van pogings om arbeidsverhoudinge te versterk en probleme in die werkplek aan te spreek. In 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus het die ministerie se woordvoerder, Jeremiah Namalenga, gesê die vergadering verseker voldoening aan die Arbeidswet.

