Rassie verdedig Pollard na skerp kritiek

Loading player...
Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus glo die Bulle sal weer maklik by die nasionale opset inpas. Twaalf Bulle, wat die naweek nie beskikbaar was vir Bok-diens nie omdat hulle in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap gespeel het, is ingesluit in die groep van 46 vir die Nasieskampioenskap. Die losskakel Handré Pollard is gekritiseer vir sy swak spelpeil, maar Erasmus sê hy is 'n uiters betroubare wedstrydwenner:
22 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jaarlikse hoenderskou bied iets vir almal

Die Namibiese Pluimveeklub nooi die publiek uit om hul jaarlikse Hoenderskou by die Windhoek Skougronde van 23 tot 28 Junie by te woon. Besoekers kan verwag om ongeveer 800 voëls van 'n wye verskeidenheid spesies en subspesies te sien, tesame met eiervertonings. Organiseerder Mariska Parreira vertel aan Kosmos 94.1 Nuus…
22 Jun 11AM 1 min

Jeugraad 'is deur Spyl en ander gekaap'

Reaksie word ontvang oor die Nasionale Jeugraad se algemene vergadering wat in gewelddadige chaos verval het. Minister Sanet Steenkamp het ingegryp en die verkiesings vir die uitvoerende voorsitter en raadsposisies stopgesit. Die groep eis nou 'n volledige, deursigtige ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat,…
22 Jun 10AM 1 min

Finansiële Aksie-taakmag het nie na werklike geldwassery gekyk

Reaksie word ontvang op die land se verwydering van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys. Die IPC sê die taakmag kyk net na die beleide en maatreëls wat die 13 tekortkominge aanspreek. Volgens die party spreek dit nie daadwerklik kwessies oor geldwassery aan nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Rodney Cloete,…
22 Jun 10AM 1 min

Arbeidminister vergader met werkers, bestuur van Beifang Mining Services

Arbeidminister Wise Immanuel het oor die naweek met werknemers en bestuur van Beifang Mining Services in Swakopmund vergader as deel van pogings om arbeidsverhoudinge te versterk en probleme in die werkplek aan te spreek. In 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus het die ministerie se woordvoerder, Jeremiah Namalenga, gesê die…
22 Jun 9AM 1 min

Internasionale groen-infrastruktuur beleggings onder die loep

'n Gesamentlike sending wat die regering, ontwikkelingsbanke en internasionale klimaatfinansieringsvennote bymekaarbring, is tans in Windhoek aan die gang. Die vyfdaagse betrokkenheid oor die land se dekarbonasie-program sal Vrydag afsluit en fokus op die versterking van beleggingsgereed groen-infrastruktuurplanne. Nadia Taobane, die senior energiespesialis by die Wêreldbank, sê die sending is belangrik…
22 Jun 9AM 1 min