
Cran waarsku oor FortiBleed kubervoorval, 13 maatskappye geraak
Loading player...
Cran se Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan, NAM-CSIRT, waarsku oor 'n wêreldwye kuberveiligheidsvoorval bekend as FortiBleed. Dit is 'n beduidende internasionale kuberveiligheidsvoorval wat organisasies raak wat Fortinet-firwalls en VPN-infrastruktuur gebruik. NAM-CSIRT het 13 Namibiese organisasies geïdentifiseer wie se stelsels moontlik deur die blootstelling geraak is. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano.

