
Bulle reg vir eindstryd, bedank Namibiese ondersteuners
Loading player...
Rugby: Die Bulle se afrigter Johan Ackermann sê ongeag die weer in Ierland vanaand, is hulle gereed vir Leinster in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd. Hy sê hulle gaan die geleentheid geniet en alles uithaal. Die veld op Croke Park in Dublin is glo in 'n onberispelike toestand, met 'n natuurlike 100-persent grasoppervlak. Kaptein Marcell Coetzee sê dit is 'n voorreg en 'n groot geleentheid om in die eindstryd te speel, en die span wil die meeste daarvan maak. Die afskop is vanaand om half-nege Namibiese tyd. Coetzee het met die Vereniging van Uitsaai Veterane gepraat, wat sy spesiale boodskap vir die span se plaaslike ondersteuners met Kosmos 94.1 Nuus gedeel het.

