Wes- en Oos-Kaap maak gereed vir storms

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n ernstige vlak 8-weerwaarskuwing uitgereik vir dele van die Wes- en Oos-Kaap vir vandag en môre. Die jongste waarskuwing volg na verwoestende storms in die Wes-Kaap verlede maand wat die lewens van 11 mense geëis en meer as 83 000 geraak het. Die SA Weerdiens se voorspeller, Tokelo Chiloane, sê reënval van tussen 50 en 90 millimeter word verwag oor die Sentrale Karoo, westelike dele van die Tuinroete-distrik en die Swellendam Munisipaliteit:
3 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swak internet kniehalter misdaadstryd op plase

Swak internetverbinding in landelike gebiede kniehalter doeltreffende misdaadbekamping in die landboussektor en was Vrydag een van die fokuspunte tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en Nampol op Otjiwarongo. NLU-president Thinus Pretorius het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
13 Jun 7AM 1 min

Nuwe ooreenkomste gaan tekort aan medisyne verlig

Met medisynetekorte wat steeds openbare gesondheidsfasiliteite raak en nasionale voorraadvlakke wat op ongeveer 60 persent aangemeld word, het die kabinet twee strategiese gesondheidsooreenkomste met Egipte en die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming onderskryf. Die adjunk-inligtingminister, Wenzel Kavaka, het tydens die lewering van die jongste kabinetsbesluite gesê die ooreenkomste is daarop…
13 Jun 5AM 1 min

Namcor verdedig Vitol-besluit

Namcor het sy besluit verdedig om 'n regeringswaarborg te soek voordat hulle hulle verbind het om brandstof vir drie maande aan die land te verskaf. Dit het daartoe gelei dat die regering Vitol eerder as die voorkeurverskaffer aangestel het. Namcor se kommunikasiespesialis, Utaara Hoveka, sê voortdurende bedryfskapitaalbeperkings het sy posisie…
13 Jun 4AM 1 min

Polisie wil meer hande met boere vat

Meer reserviste en private misdaadbestrydingsforums wat saam met die Namibiese polisie werk om misdaad op plase te bekamp, was Vrydag een van die besprekingspunte tydens die jaarlikse vergadering tussen die Namibiese Landbou-unie, die Namibiese Nasionale Boerevereniging en Nampol op Otjiwarongo. NLU-president Thinus Pretorius het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verskeie…
13 Jun 2AM 1 min

Madlanga-kommissie looi Mashaba

Die Gautengse verkeerspolisiehoof Samuel Mashaba is streng ondervra by die Madlanga-kommissie omdat hy na bewering versuim het om die polisie van sekere onwettige aktiwiteite in kennis te stel. Dit volg te midde van ondersoeke na die Aeroton-dwelmonderskepping in 2021. Kommissaris Sesi Baloyi het Mashaba se bewering betwis dat hy sulke…
13 Jun 1AM 1 min