
IRR in buurland waarsku oor raswette
Loading player...
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê raswette veroorsaak nie net regstreekse skade nie, dit het ook ander negatiewe gevolge. Dit belemmer groei en belegging en weerhou mense van geleenthede weens hul ras of geslag. Amerika het onlangs nuwe visumbeperkings op Suid-Afrika ingestel wat verband hou met raswette en onteiening sonder vergoeding. Die instituut se uitvoerende hoof, John Endres, sê die beperkings is nie ʼn verrassing nie. Hy sê Washington het reeds verlede jaar sy besorgdheid bekendgemaak, maar Pretoria het sedertdien niks aan die betrokke wette gedoen nie:

