
Wavisbaai-lughawe se weerstelsels is herstel
Loading player...
Die ministerie van werke en vervoer sê meteorologiese dienste by die Walvisbaai Internasionale Lughawe is nou ten volle herstel ná 'n onderbreking wat op Vrydag, 11 September, begin het. Die onderbreking het die beskikbaarheid van huidige weerwaarnemings beïnvloed en daartoe gelei dat sommige geskeduleerde vlugte na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe herlei is. Die Walvisbaai-lugruim is tydelik van Klas C na Klas G herklassifiseer as 'n voorsorgmaatreël om veilige vlugbedrywighede te ondersteun. Die ministerie se woordvoerder, Tangi Shivute:

