
LPM bevraagteken of GRN sy behuisingsbeloftes kan nakom
Loading player...
Die LPM-parlementslid Eneas Emvula bevraagteken of die regering sy ambisieuse beloftes oor behuising en stedelike grond kan nakom, midde uiters stadige grondvoorsiening. Emvula sal die saak na verwagting aanstaande Donderdag in die Nasionale Vergadering aan eerste minister Elijah Ngurare voorlê en die regering uitdaag oor sy doelwit om jaarliks 10 000 bekostigbare maatskaplike behuisingseenhede te bou.

