Almal wat korttermyn akkommodasie verhuur moet registreer - NTB

Loading player...
Die Namibiese Toerismeraad trek die strop stywer. Dit vereis nou streng dat alle operateurs wat betaalde oornagverblyf aanlyn aanbied, moet registreer onder die Wet op die Namibiese Toerismeraad van 2000. Kosmos 94.1 Nuus het met woordvoerder Flora Quest gepraat wat sê dat enigiemand wat korttermynverblyf aanbied, of dit nou 'n privaat kamer, 'n hele huis of 'n vakansie-eiendom is, as 'n verblyfonderneming geregistreer moet wees.
3 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IRR in buurland waarsku oor raswette

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê raswette veroorsaak nie net regstreekse skade nie, dit het ook ander negatiewe gevolge. Dit belemmer groei en belegging en weerhou mense van geleenthede weens hul ras of geslag. Amerika het onlangs nuwe visumbeperkings op Suid-Afrika ingestel wat verband hou met raswette en onteiening sonder vergoeding…
18 Sep 5AM 1 min

LPM bevraagteken of GRN sy behuisingsbeloftes kan nakom

Die LPM-parlementslid Eneas Emvula bevraagteken of die regering sy ambisieuse beloftes oor behuising en stedelike grond kan nakom, midde uiters stadige grondvoorsiening. Emvula sal die saak na verwagting aanstaande Donderdag in die Nasionale Vergadering aan eerste minister Elijah Ngurare voorlê en die regering uitdaag oor sy doelwit om jaarliks 10…
18 Sep 5AM 1 min

ANC-vroueliga vra gesamentlike optrede na moorde

Die ANC-vroueliga sê daar is 'n behoefte aan eenheid en gesamentlike optrede ná die toenemende aantal vroue wat in Ekurhuleni, Gauteng, vermoor is. Volgens die party blyk dit die moorde volg 'n kommerwekkende patroon en het vrese laat ontstaan dat 'n reeksmoordenaar daarvoor verantwoordelik kan wees. Die sekretaris-generaal van die…
18 Sep 4AM 1 min

Wavisbaai-lughawe se weerstelsels is herstel

Die ministerie van werke en vervoer sê meteorologiese dienste by die Walvisbaai Internasionale Lughawe is nou ten volle herstel ná 'n onderbreking wat op Vrydag, 11 September, begin het. Die onderbreking het die beskikbaarheid van huidige weerwaarnemings beïnvloed en daartoe gelei dat sommige geskeduleerde vlugte na die Hosea Kutako Internasionale…
18 Sep 4AM 1 min

Sonoppervlak beleef talle uitbarstings

Die oppervlak van die son was die afgelope tyd besig met reuse X- en M-klas-sonuitbarstings wat deur Nasa gemonitor is. Van die uitbarstings is vasgelê met strome gelaaide deeltjies na die Aarde gestuur is. Dit kan ook 'n redelike groot impak op die planeet hê soos professor Pieter Meintjies, astrofisikus…
18 Sep 3AM 1 min