Telecom HUB Shanapinda aangestel as Crasa-leier

Loading player...
Stanley Shanapinda, uitvoerende hoof van Telecom Namibia, gaan die staatsbeheerde telekommunikasiemaatskappy verlaat nadat hy aangestel is as uitvoerende sekretaris van die Kommunikasie-reguleerdersvereniging van Suider-Afrika, Crasa. Crasa het aangekondig dat Shanapinda op 1 Julie sal begin werk. Shanapinda is na 'n mededingende keuringsproses deur die vereniging se spesiale algemene vergadering op 27 Mei aangestel. Inligtingminister Emma Theofelus het die aankondiging gemaak.
2 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Okh-inwoners warm onder die kraag oor Eswatini-reis

Inwoners van Okahandja dring aan op die kansellasie van 'n beplande reis deur 35 munisipale amptenare na Eswatini, waar hulle na verwagting van 20 tot 25 September aan die 20ste uitgawe van die Southern Africa Inter-Municipal Sports Association-spele sal deelneem. Na verwagting sal die reis die munisipaliteit ongeveer 175 000…
18 Sep 6AM 1 min

Groot kommer oor die Okavangorivier en Rundu se riool

Inwoners en die omgewing langs die Okavango-vloedvlakte kan in gevaar wees, aangesien riool van Rundu se afvalwaterdamme na bewering deur die dorpsraad in die vloedvlakte naby die Rundu-Calai-grenspos vrygestel word. Die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham waarsku dat, hoewel rioolverdampingsdamme voëls kan lok en waardevolle habitatte kan skep, die nabyheid…
18 Sep 5AM 1 min

Registrasies sluit vandag vir NLU-jaarkongres

Registrasies vir die jaarkongres van die Namibiese Landbou-unie sluit vandag. Die NLU neem die gesprek regstreeks na boeregemeenskappe deur middel van belangrike streeksvergaderings in Otjiwarongo, Mariental en Windhoek. Roelie Venter, die unie se uitvoerende hoof, sê vanjaar se kongres sal alles van beleidsopdaterings tot die toekoms van plaaslike voedselproduksie dek.
18 Sep 5AM 1 min

IRR in buurland waarsku oor raswette

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê raswette veroorsaak nie net regstreekse skade nie, dit het ook ander negatiewe gevolge. Dit belemmer groei en belegging en weerhou mense van geleenthede weens hul ras of geslag. Amerika het onlangs nuwe visumbeperkings op Suid-Afrika ingestel wat verband hou met raswette en onteiening sonder vergoeding…
18 Sep 5AM 1 min

LPM bevraagteken of GRN sy behuisingsbeloftes kan nakom

Die LPM-parlementslid Eneas Emvula bevraagteken of die regering sy ambisieuse beloftes oor behuising en stedelike grond kan nakom, midde uiters stadige grondvoorsiening. Emvula sal die saak na verwagting aanstaande Donderdag in die Nasionale Vergadering aan eerste minister Elijah Ngurare voorlê en die regering uitdaag oor sy doelwit om jaarliks 10…
18 Sep 5AM 1 min