
Groot kommer oor die Okavangorivier en Rundu se riool
Loading player...
Inwoners en die omgewing langs die Okavango-vloedvlakte kan in gevaar wees, aangesien riool van Rundu se afvalwaterdamme na bewering deur die dorpsraad in die vloedvlakte naby die Rundu-Calai-grenspos vrygestel word. Die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham waarsku dat, hoewel rioolverdampingsdamme voëls kan lok en waardevolle habitatte kan skep, die nabyheid daarvan aan die Okavangorivier ernstige kommer oor die omgewing en openbare gesondheid laat ontstaan. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

