#OntbytMetDoepieEnNina - Tamlyn Wessels (Nie so diep nie)

Loading player...
Tamlyn Wessels kom gesels oor "Dis Nie So Diep Nie" ’n versameling herkenbare stories oor liefde, waardes, groei en optimisme – toegewerk in warm melodieë en radio‑vriendelike produksie. Dit dui op ’n opwindende nuwe hoofstuk in Tamlyn se loopbaan en bevestig haar verder as een van Afrikaanse pop se mees belowende nuwe stemme.

Met die vrystelling van die EP word die titelsnit “Nie So Diep Nie” ook bekendgestel, saam met ’n diepgaande musiekvideo wat Tamlyn se storie met Guillain‑Barré‑sindroom vertel, so hou die tissues naby.

Die video bevat ook egte beeldmateriaal uit Tamlyn se tyd in die hospitaal tydens haar jonger jare – ’n eerlike, rou en lewensgetroue kykie na haar persoonlike reis.
11 May Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

#OntbytMetDoepieEnNina - Geeweek (Roelien Potgieter en Atterbury Trust)

Louis van der Watt Hoof uitvoerende beampte  van die Atterbury Property groep, en ook een van die stigters en ‘n trustee van Atterbury Trust en Ananja Koen, Uitvoerende Hoof van Atterbury Trust kom vertel ons waar die droom begin het. Ons gesels ook met Roelien Potgieter, stasiebestuurder van GrootFM oor…
26 Oct 20 min