Die Kommunikasie Reguleringsowerheid van Namibië sê dit werk met rolspelers om tegniese ondersteuning te bied na die kuberaanval op die ministerie van Verdediging. Cran sê ‘n Namibië Cyber Security Incident Response Team-analise het bevestig die internasionale RansomHouse-groep is vir die kuber-aanval verantwoordelik – dit het reeds verlede Saterdag plaasgevind. Vroeër…
Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, sê Al Ahli se sterbelaaide span skrik nie sy span af nie. Sundowns pak die Saoedi-Arabiese klub vanmiddag op Loftus Versfeld in die eerste ronde van die FIFA Afrika-Asië-Stille Oseaan-beker. Cardoso sê die uitslag sal afhang van die span se vertoning, moeite en…
Namibiese boere word aangemoedig om vroegtydig voorsorg te tref vir die moontlike impak van wydverspreide droogte, met die verwagte El Niño wat ondernormale reënval vir die 2026/27-reënseisoen kan bring. Plaaslike owerhede, insluitend die Rehoboth-dorpsraad, neem reeds stappe om veegetalle te beperk om weiding en waterbronne te beskerm. Leigh-Ann Nehoya, 'n…
Die minister van Geslagsgelykheid, Emma Kantema, sê die beskerming van kinders se welstand is 'n verantwoordelikheid wat deur almal ernstig opgeneem moet word. In 'n toespraak by die SOS Kinderdorp in Windhoek het Kantema Namibië se verbintenis tot internasionale en kontinentale raamwerke, insluitend die VN-konvensie oor die Regte van die…
Met "Operation BASADI" wat die week landwyd geloods is, het die Namibiese polisie hul patrollies hier in die hoofstad van stapel gestuur om veral die geveg van geweld teen vroue en kinders te verskerp. Die Copps 94.1 span het saam met die polisie patrollie gedoen. Kosmos 94.1 se Francois Lottering…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.