
'Pasellatyd voor langnaweke kos Namibië miljoene'
Loading player...
Die staatsdiens wat in die gewoonte verval het om ‘n dag voor ‘n langnaweek om 10:00 sy deure te sluit, kos die Namibiese ekonomie miljoene dollar, sê veteraanekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu. Hy het reageer op eerste minister Elijah Ngurare wat staatsdiensamptenare Donderdag opnuut dié vergunning toegestaan het. Kakujaha-Matundu sê in die lig van trae ekonomiese groei behoort die eerste minister die toestaan van pasellatyd te heroorweeg. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

