Iran-blokkade doeltreffender as bomme: Trump

Loading player...
Oliepryse het weer die hoogte ingeskiet na berigte dat die Amerikaanse president, Donald Trump, oorweeg om die versperring van Iranse hawens te verleng. Brent-ruolie se prys het met byna sewe-persent geklim tot 126 Amerikaanse dollar per vat - die hoogste sedert Rusland se inval in Oekraïne in 2022, en teen 3-uur vanmiddag weer teruggesak na sowat 114 dollar per vat. Amerika beplan glo ʼn vlaag kort, kragtige aanvalle op Iran indien die dooiepunt in onderhandelinge voortduur. Trump sê die versperring is effens doeltreffender as bomaanvalle:
30 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa lei Jeugdag-herdenking

President Cyril Ramaphosa sal vandag die hooftoespraak lewer tydens die Nasionale Jeugdag-herdenking in Johannesburg. Vanjaar se Jeugdag vier die 50ste herdenking van die 1976-jeugopstand. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president se toespraak sal besin oor die belangrikheid van die Jeugopstand, die vordering wat oor die afgelope vyf dekades…
16 Jun 3AM 1 min

Agt sterf toe B52 in Los Angeles neerstort

Agt mense, insluitend twee Boeing-werknemers, is dood in 'n B52-bomwerperongeluk kort na opstyging by die Edwards-lugmagbasis, noordoos van Los Angeles. Dit is die dodelikste ongeluk waarby 'n B-52-bomwerper betrokke was sedert 1982. Die adjunkbevelvoerder van die Amerikaanse Lugmag, kolonel James Hayes, sê die bomwerper het 'n toets uitgevoer ter ondersteuning…
16 Jun 3AM 1 min

Vierde olie- en gaskonferensie kom in Augustus

Windhoek sal weereens die middelpunt van Namibië se energiebespreking hierdie Augustus wees by die 4de Namibië Olie- en Gaskonferensie en -uitstalling. Die geleentheid is daarop gemik om verder as net praatjies te beweeg en te fokus op hoe olie- en gasgeleenthede in werklike ekonomiese voordele omskep kan word. Namcor-woordvoerder Paulo…
16 Jun 2AM 1 min

Migrasiewette word oneweredig toegepas

Forum for South Africa sê onwettige migrasie bly wydverspreid, terwyl optrede oneweredig toegepas word en gemeenskappe steeds die gevolge moet dra van 'n stelsel wat met die verloop van tyd verswak het. Leier Tebogo Mashilompane sê die regering noem 'n vyfpuntstrategie en verhoogde inhegtenisnemings, maar dis bloot reaksie‑maatreëls. Hy sê…
16 Jun 2AM 1 min

VSA-Iran memorandum sal binnekort bekend wees

President Donald Trump sê die inhoud van die memorandum van ooreenkoms met Iran sal bekend gemaak word. Washington en Teheran het ooreengekom oor 'n vredesraamwerk vir 'n ooreenkoms om die oorlog te beëindig, die Amerikaanse blokkade van Iran te staak en die Straat van Hormuz te heropen. Dit kom in…
16 Jun 1AM 1 min