Kommer oor bestuurspraktyke by SAL

Loading player...
Die DA het kommer uitgespreek oor die stand van bestuur by die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Die ouditeur-generaal het verlede week gewaarsku die staatslugredery kan binne die volgende 12 maande gesluit word as sy toenemende finansiële en bedryfsprobleme nie hanteer word nie. Die redery het tussen 2018 en 2024 38-miljard Suid-Afrikaanse rand van die fiskus ontvang. Chris Hunsinger van die DA sê hy het aan vervoerminister Barbara Creecy geskryf en eis ʼn onmiddellike, onafhanklike forensiese oudit van SAL se finansies:
29 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steun aan uitbreiding van Kaapse Metropolisie se magte

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die steun verwelkom van die uittredende Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, vir groter magte vir die Metropolisie. Patekile het voorgestel sekere polisiëringsfunksies kan na die Metropolisie oorgedra kan word om druk op die polisie te midde van hulpbronbeperkings te verlig en hulle toe te…
16 Jun 5AM 1 min

Healey-bedanking: Ministerie kort miljarde elke jaar

Die direkteur van militêre wetenskap by die Royal United Services Institute Matthew Savill sê die voormalige minister van verdediging, John Healey, se bedanking maak sin veral om die ministerie erge finansiële tekorte in die gesig staar met miljarde per jaar. Hy het met Sky News gepraat.
16 Jun 5AM 1 min

Jeugdag: SA het volhoubare oplossings nodig

Die Wits-debatvereniging vra realistiese en volhoubare oplossings vir Suid-Afrika se maatskaplik-ekonomiese uitdagings terwyl die land Jeugdag herdenk. Die voorsitter, Thandolwethu France, het aan SABC News gesê baie jongmense het vertroue verloor omdat regeringsingrypings dikwels nie die oorsake van werkloosheid en ekonomiese uitsluiting aanspreek nie. France voer aan korttermyn-werksprogramme is onvoldoende…
16 Jun 3AM 1 min

Bafana-doelwagter verdedig Broos

Die Bafana Bafana doelwagter, Ricardo Goss, het die hoofafrigter Hugo Broos verdedig te midde van kritiek na 'n 2-0 nederlaag teen Mexiko. Goss sê dit is onregverdig om Broos so streng te oordeel en wys na die span se vordering onder sy leierskap, insluitend kwalifisering vir die Wêreldbeker en 'n…
16 Jun 3AM 1 min

Ramaphosa lei Jeugdag-herdenking

President Cyril Ramaphosa sal vandag die hooftoespraak lewer tydens die Nasionale Jeugdag-herdenking in Johannesburg. Vanjaar se Jeugdag vier die 50ste herdenking van die 1976-jeugopstand. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president se toespraak sal besin oor die belangrikheid van die Jeugopstand, die vordering wat oor die afgelope vyf dekades…
16 Jun 3AM 1 min