Cosatu sê werkers sal teen middel Junie nie meer kan oorleef nie

Loading player...
Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering se verlenging van die verligting van die verhoging van die brandstofprysheffing vir Mei en Junie is 'n positiewe stap. Matthew Parks van Cosatu sê meer verligting kan nodig wees indien die konflik in die Midde-Ooste voortduur. Hy sê hulle is bekommerd dat werkers, die samelewing en die ekonomie nie die beoogde verlaging in die brandstofheffing teen middel Junie sal oorleef nie:
29 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bou die regte plan rondom jou onderwysbeloftes

Gesinne landswyd bly onder toenemende druk soos onderwyskoste styg en huishoudelike begrotings sukkel om te klop. Finansiële kenners sê onderbrekings soos werksverliese, siekte en verminderde inkomste kan langtermyn-onderwysspaarplanne vinnig ontspoor, wat dit moeiliker maak vir ouers en voogde om voor te berei vir toekomstige skool- en tersiêre uitgawes. Sinitta Booysen,…
16 Jun 6AM 1 min

Kenner sê oor vryery na ons kritieke minerale

Dit is baie duidelik dat daar gevry word na Namibië en terwyl mededinging tussen Amerika, China en Rusland vir Namibië se kritieke minerale toeneem, sê die Afrika-kenner dr. Charles Sinkala dat die land 'n beslissende oomblik bereik het. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië se enorme uraan-, koper-…
16 Jun 6AM 1 min

Myneksplorasie raak kwessie vir toerisme

Namibië se florerende mynbou- en olie-eksplorasiesektor kan teen 'n koste vir toerisme kom. Die Gasvryheidsvereniging van Namibië waarsku dat indien die huidige vlaag eksplorasie-aktiwiteite die land se unieke landskappe, wildlewe en natuurlike skoonheid beskadig, Namibië die risiko loop om sy status as 'n vooraanstaande toerismebestemming te verloor. Die kommer was…
16 Jun 6AM 1 min

Steun aan uitbreiding van Kaapse Metropolisie se magte

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die steun verwelkom van die uittredende Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, vir groter magte vir die Metropolisie. Patekile het voorgestel sekere polisiëringsfunksies kan na die Metropolisie oorgedra kan word om druk op die polisie te midde van hulpbronbeperkings te verlig en hulle toe te…
16 Jun 5AM 1 min

Healey-bedanking: Ministerie kort miljarde elke jaar

Die direkteur van militêre wetenskap by die Royal United Services Institute Matthew Savill sê die voormalige minister van verdediging, John Healey, se bedanking maak sin veral om die ministerie erge finansiële tekorte in die gesig staar met miljarde per jaar. Hy het met Sky News gepraat.
16 Jun 5AM 1 min