
Nog klagtes teen Cole Tomas Allen
Loading player...
Die Amerikaanse aanklaer vir die Distrik van Columbia, Jeanine Pirro, het bevestig dat Cole Tomas Allen, verdagte in die skietery by die Withuis-korrespondente-dinee, nog aanklagte in die gesig staar. Die 31-jarige Allen word van drie federale misdade aangekla: poging om die president te vermoor, vervoer van ʼn vuurwapen oor staatsgrense om ʼn misdaad te pleeg, en die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn geweldsmisdaad. Allen het Saterdagaand tydens die ete probeer om verby ʼn veiligheid-kontrolepunt te hardloop. Pirro sê politieke geweld sal nie geduld word nie:

