
Kenner gee raad oor boskos
Loading player...
Die winter kruip nader en aandag verskuif na boskos en die rol daarvan om diere gesond te hou. Boere en bewaringsbewustes dink aan hoe die winter wild en vee beïnvloed, en of natuurlike voedselbronne genoeg is om hulle deur die koue maande te help. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Dagmar Honsbein, 'n spesialis in die hout- en houtskoolbedryf gesels, wat raad gee vir boere oor hoe om voor te berei.

