Starmer sê sy oordeel oor Mandelson was verkeerd

Loading player...
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Keir Starmer, sê hy sou Peter Mandelson nooit as Britse ambassadeur in Amerika aangestel het as hy geweet het sy keuring-vereistes was onsuksesvol nie. Die 72-jarige Mandelson het volgens berigte mark-sensitiewe regeringsinligting aan die veroordeelde pedofiel, wyle Jeffrey Epstein oorgedra terwyl hy van 2008 tot 2010 ʼn minister was. Starmer het aan die Laerhuis gesê sy oordeel om Mandelson aan te stel, was verkeerd:
21 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regshulp sal voortduur, ten spyte van staking

Legal Aid South Africa gee die versekering sy dienste gaan vandag voort wanneer die vakbond Salawu met arbeidsoptrede begin. Woordvoerder Pateka Quwe sê hulle respekteer werknemers se grondwetlike reg om deel te neem aan die wettige, beskermde optrede soos voorsien word in die Grondwet en die Wet op Arbeidsbetrekkinge:
16 Jun 11PM 1 min

Trump kritiseer Bibi by G7

Amerikaanse president Donald Trump het sy kritiek op Israeliese president Benjamin Netanyahu se optrede in Libanon hernu by die G7-beraad in Frankryk. Hy het tydens sy ontmoeting met die Emir van Katar aan joernaliste gesê "jy hoef nie 'n woonstelblok af te breek elke keer as jy iemand soek nie,"…
16 Jun 11PM 1 min

Oorskot van KZN-man uit Rusland gerepatrieer

Die oorskot van 'n man van KwaZulu-Natal, wat na bewering met werksbeloftes na Rusland gelok is, is na Suid-Afrika teruggebring. Sihle Makhaye was onder 'n groep Suid-Afrikaners wat in Julie verlede jaar vir sekuriteitswerk gewerf is, maar in plaas daarvan gevra is om 'n jaarkontrak te teken om aan die…
16 Jun 11AM 1 min

Iran sal nie kernwapen kry, of hel sal op hulle reën: Trump

Amerikaanse president Donald Trump het by die G7-spitsberaad in Frankryk gepraat en dring daarop aan dat die Straat van Hormuz "tolvry" sal oopmaak ingevolge die VSA se ooreenkoms met Iran om die oorlog te beëindig. Hy het ook gesê Iran sal "nooit 'n kernwapen hê nie" en het Israel oor…
16 Jun 11AM 1 min