Groep sê Stad Kaapstad lieg vir inwoners

Loading player...
Die Cape Independence Advocacy Group sê ná sy klagte aan die Advertensiereguleringsraad, het die Stad Kaapstad hul openbare verklaring oor laer tariewe wat sou volg, verwyder. Phil Craig van CIAG sê volgens die metro se eie syfers sou waardasies met gemiddeld 17,1-persent styg, terwyl die tariefkoers met 10,2-persent verminder is. Hy sê die metro het die vermindering beklemtoon sonder om die uitwerking van die gelyktydige verhoogde waardasies te verduidelik:
20 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Regshulp sal voortduur, ten spyte van staking

Legal Aid South Africa gee die versekering sy dienste gaan vandag voort wanneer die vakbond Salawu met arbeidsoptrede begin. Woordvoerder Pateka Quwe sê hulle respekteer werknemers se grondwetlike reg om deel te neem aan die wettige, beskermde optrede soos voorsien word in die Grondwet en die Wet op Arbeidsbetrekkinge:
16 Jun 11PM 1 min

Trump kritiseer Bibi by G7

Amerikaanse president Donald Trump het sy kritiek op Israeliese president Benjamin Netanyahu se optrede in Libanon hernu by die G7-beraad in Frankryk. Hy het tydens sy ontmoeting met die Emir van Katar aan joernaliste gesê "jy hoef nie 'n woonstelblok af te breek elke keer as jy iemand soek nie,"…
16 Jun 11PM 1 min

Oorskot van KZN-man uit Rusland gerepatrieer

Die oorskot van 'n man van KwaZulu-Natal, wat na bewering met werksbeloftes na Rusland gelok is, is na Suid-Afrika teruggebring. Sihle Makhaye was onder 'n groep Suid-Afrikaners wat in Julie verlede jaar vir sekuriteitswerk gewerf is, maar in plaas daarvan gevra is om 'n jaarkontrak te teken om aan die…
16 Jun 11AM 1 min

Iran sal nie kernwapen kry, of hel sal op hulle reën: Trump

Amerikaanse president Donald Trump het by die G7-spitsberaad in Frankryk gepraat en dring daarop aan dat die Straat van Hormuz "tolvry" sal oopmaak ingevolge die VSA se ooreenkoms met Iran om die oorlog te beëindig. Hy het ook gesê Iran sal "nooit 'n kernwapen hê nie" en het Israel oor…
16 Jun 11AM 1 min