Malaria-gevalle styg in Gauteng

Loading player...
Die Gautengse Departement van Gesondheid het met kommer kennis geneem van 'n skerp styging in malariagevalle en verwante sterftes regoor die provinsie. Kealeboga Mohajane van die departement sê onlangse waarnemings dui op 'n kommerwekkende styging in beide malaria-infeksies en sterftes. Sy sê tussen Januarie en Desember 2025 is 666 malariagevalle en sewe sterftes aangemeld. Sy voeg by die Departement het tussen Januarie en Maart vanjaar reeds 414 bevestigde gevalle en elf sterftes regoor die provinsie aangeteken:
20 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VN vra vir hulpkorridor deur Hormuz

Die Verenigde Nasies sê daar is ’n dringende behoefte om 'n hulpkorridor te open om deur die geblokkeerde Straat van Hormuz te beweeg en 'n wêreldwye hongerkrisis te voorkom. Dit volg nadat die VSA en Iran ooreengekom het om die Straat, wat ongeveer 20-persent van die wêreld se olie en…
17 Jun 2AM 1 min

Almal, ook privaatsektor, moet toetree teen werkloosheid

President Cyril Ramaphosa sê alle belanghebbendes in die land moet saamwerk om volhoubare oplossings te bied om werkloosheid onder jongmense te verminder. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer staan nou op 32,7-persent, terwyl 4,7-miljoen jongmense wat kan werk, werkloos bly. In die hooftoespraak by die Nasionale Jeugdag-herdenking in Johannesburg gister, het Ramaphosa…
17 Jun 1AM 1 min

NNN reis na Ghana, dan Tanzanië

President Netumbo Nandi-Ndaitwah vertrek vandag na Ghana om deel te neem aan 'n belangrike internasionale konferensie oor herstellende geregtigheid vir die afstammelinge van Afrikane wat as slawe weggevoer is. Daarna sal sy na Tanzanië reis vir 'n staatsbesoek om diplomatieke en ekonomiese samewerking te versterk. Presidensiële woordvoerder Jonas Mbambo sê…
17 Jun 1AM 1 min

Pap, sop, winterwater nat... en koud

Die winter is hier... wind, koue en wolkies in die lug. Meteoroloog Albertina Anderson van die Windhoek-weerdiens het vandag se voortuitsigte.
17 Jun 1AM 1 min