
Kommer oor Kaapstad se waterbronne, damme 19% laer as 2025
Loading player...
Kaapstad se Direktoraat vir Water en Sanitasie waarsku alle inwoners, sakeondernemings en besoekers om onmiddellik minder water te gebruik. Waterverbruik het die afgelope warm dae skerp toegeneem en damvlakke het gevolglik gedaal tot 19-persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê indien verbruik nie vinnig verminder nie, kan watersekerheid in die komende maande in gedrang kom:

