
EU sal nie verbod op Russiese olie en gas lig nie
Loading player...
Die Europese Kommissie gaan nie die Europese Unie se verbod op Russiese olie en gas verslap nie. President Donald Trump se administrasie het verlede week besluit om sanksies tydelik op te hef sodat ander lande Russiese olie en petroleum wat reeds op vaartuie ter see is, kan koop. Die doel is om markte te bestendig te midde van die ontwrigting van Midde-Oosterse olie- en gasvoorsiening. Die Europese Kommissie se visepresident, Kaja Kallas, sê die internasionale gemeenskap moet weens die oorlog in Oekraïne druk op Rusland volhou:

