
Ekonoom sê regering moet ingryp teen hoër olieprys
Loading player...
'n Ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die toenemende Midde-Oosterse konflik veroorsaak uiters hoë wêreldwye oliepryse. Parsons sê Suid-Afrika is 'n olie-afhanklike ekonomie en kan hoër vervoer- en voorsieningskoste, stygende brandstof- en kunsmispryse, en druk op inflasie en groei te wagte wees. Hy glo gekoördineerde regeringsoptrede, duidelike kommunikasie en geteikende maatreëls kan huishoudings en ondernemings teen die uitwerking beskerm:

