Broos praat oor Afcon teleurstelling

Loading player...
Die afrigter van Bafana Bafana, Hugo Broos, erken dat hy teleurgesteld is na die span se uitskakeling in die rondte van 16 by die Afrikabekertoernooi in Marokko. Bafana het met 2-1 teen die vyfmalige kampioene, Kameroen, verloor. Broos het met die span se aankoms by OR Tambo Internasionale Lughawe gesê daar was hoë verwagtinge van die voormalige bronsmedaljewenners, maar die kompetisie was hierdie keer moeiliker. Hy het bevestig die fokus verskuif nou na kwalifisering vir die 2026 FIFA Wêreldbeker in Kanada, Mexiko en die Verenigde State:
8 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril sê, nes Namport, daar's voordele aan die sluiting van Hormuz

Nes plaaslik deur Namport bevestig is, sê president Cyril Ramaphosa die konflik in die Midde-Ooste het die kollig op Suid-Afrika se hawens en hul strategiese waarde geplaas. Die konflik het handel deur die Straat van Hormoes drasties ontwrig, 'n belangrike skeepvaartroete nie net vir olie en gas nie, maar ook…
17 Mar 2AM 1 min

EU sal nie verbod op Russiese olie en gas lig nie

Die Europese Kommissie gaan nie die Europese Unie se verbod op Russiese olie en gas verslap nie. President Donald Trump se administrasie het verlede week besluit om sanksies tydelik op te hef sodat ander lande Russiese olie en petroleum wat reeds op vaartuie ter see is, kan koop. Die doel…
17 Mar 2AM 1 min

Ekonoom sê regering moet ingryp teen hoër olieprys

'n Ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die toenemende Midde-Oosterse konflik veroorsaak uiters hoë wêreldwye oliepryse. Parsons sê Suid-Afrika is 'n olie-afhanklike ekonomie en kan hoër vervoer- en voorsieningskoste, stygende brandstof- en kunsmispryse, en druk op inflasie en groei te wagte wees. Hy glo gekoördineerde regeringsoptrede, duidelike…
17 Mar 1AM 1 min

Gesondheid verduidelik fase een van Visie April 2026 

Fase een van die sogenaamde Visie April 2026, wat vereis dat staatsamptenare streng staatsgesondheidsfasiliteite moet gebruik, sal aanvanklik van toepassing wees op ongeveer 294 senior regeringsamptenare. Dit sluit in die president, visepresident, eerste minister en adjunk-eerste minister, kabinetsministers en hul adjunkte, parlementslede, streekgoewerneurs, sowel as hoofde van sleutelinstellings soos die polisie, weermag, korrektiewe dienste en…
17 Mar 1AM 1 min