VSA neem beslag oor twee olieskepe, een met Russiese vlag

Loading player...
Amerikaanse magte het Woensdag op twee olietenkskepe wat met Venezuela verbind word, beslag gelê. Die Sophia is in die Karibbiese See aangekeer en die Marinera, wat onder die Russiese vlag gevaar het en voorheen bekend gestaan het as die Bella-1, in die Noord-Atlantiese Oseaan. Die beslaglegging van die Marinera, wat leeg was, kan volgens kundiges konfrontasie met Rusland veroorsaak, wat reeds Amerika se optrede in Venezuela veroordeel het. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, het by 'n perskonferensie oor die beslaglegging gepraat.
7 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril sê, nes Namport, daar's voordele aan die sluiting van Hormuz

Nes plaaslik deur Namport bevestig is, sê president Cyril Ramaphosa die konflik in die Midde-Ooste het die kollig op Suid-Afrika se hawens en hul strategiese waarde geplaas. Die konflik het handel deur die Straat van Hormoes drasties ontwrig, 'n belangrike skeepvaartroete nie net vir olie en gas nie, maar ook…
17 Mar 2AM 1 min

EU sal nie verbod op Russiese olie en gas lig nie

Die Europese Kommissie gaan nie die Europese Unie se verbod op Russiese olie en gas verslap nie. President Donald Trump se administrasie het verlede week besluit om sanksies tydelik op te hef sodat ander lande Russiese olie en petroleum wat reeds op vaartuie ter see is, kan koop. Die doel…
17 Mar 2AM 1 min

Ekonoom sê regering moet ingryp teen hoër olieprys

'n Ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die toenemende Midde-Oosterse konflik veroorsaak uiters hoë wêreldwye oliepryse. Parsons sê Suid-Afrika is 'n olie-afhanklike ekonomie en kan hoër vervoer- en voorsieningskoste, stygende brandstof- en kunsmispryse, en druk op inflasie en groei te wagte wees. Hy glo gekoördineerde regeringsoptrede, duidelike…
17 Mar 1AM 1 min

Gesondheid verduidelik fase een van Visie April 2026 

Fase een van die sogenaamde Visie April 2026, wat vereis dat staatsamptenare streng staatsgesondheidsfasiliteite moet gebruik, sal aanvanklik van toepassing wees op ongeveer 294 senior regeringsamptenare. Dit sluit in die president, visepresident, eerste minister en adjunk-eerste minister, kabinetsministers en hul adjunkte, parlementslede, streekgoewerneurs, sowel as hoofde van sleutelinstellings soos die polisie, weermag, korrektiewe dienste en…
17 Mar 1AM 1 min