Namibië se groeiende digitale en kreatiewe ekonomie is nou amptelik op die belastingowerhede se radar. NamRA kommissaris Sam Shivute het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat inkomste wat deur inhoudskeppers en aanlyn-beïnvloeders verdien word, ten volle belasbaar is onder die huidige wette. Shivute sê die agentskap kan inkomste van buitelandse…
Die Stad Kaapstad sê die verwydering van indringerplante in wateropvanggebiede het sowat 19-miljard liter water per jaar, of ongeveer 51-miljoen liter per dag, ontsluit. Sedert 2019 is meer as 41-duisend hektaar uitgeroei. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die verwydering van spesies soos denne, bloekom en wattel…
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky beskryf die regimes in Rusland en Iran as "broers in haat", en sê hierdie regimes moet nooit toegelaat word om in enige iets te wen nie. Hy het gister die Verenigde Koninkryk se parlement toegespreek as deel van sy toer na Europese hoofstede om ondersteuning…
Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat misdaadsindikate die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander takke van die staat geïnfiltreer het. Hy het gister voor die Parlement se ad hoc-komitee verskyn vir sy slotgetuienis. Die komitee ondersoek beweerde korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel. Masemola het kommer uitgespreek oor die…
Vroue in magsposisies word gekritiseer oor wat aktiviste beskryf as onvoldoende pogings om geslagsgeweld te bestry. Geslagskenner Ethne Mudge, direkteur van Civic +264, sê feminisme onder kapitalisme is basies vroue wat hulle eie mag probeer beskerm. Sy meen teenoor Kosmos 94.1 daar word net pleisters op geslagsgeweld geplak.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.