Misdaadsindikate het SAPD infiltreer

Loading player...
Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat misdaadsindikate die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander takke van die staat geïnfiltreer het. Hy het gister voor die Parlement se ad hoc-komitee verskyn vir sy slotgetuienis. Die komitee ondersoek beweerde korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel. Masemola het kommer uitgespreek oor die Politieke Moorde-taakspan wat sake hanteer wat tipies verband hou met ondersoeke na georganiseerde misdaad:
18 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gautengskole se R82m in kragskuld: Onderwys moet toetree

Die DA sê 138 skole in Gauteng kan moontlik water- en elektrisiteitsonderbrekings ondervind as gevolg van onbetaalde munisipale rekeninge van altesaam sowat 82 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die party sê baie van hierdie skole het reeds te kampe met begrotingsbesnoeiings van tot 64-persent. Hy waarsku as dienste gesny word, dit onderrig…
18 Mar 3AM 1 min

Rubio sê Kuba kort 'n nuwe regering

Kuba gaan gebuk onder uitgerekte kragonderbrekings met die VSA se energie-embargo wat op die land, wat altyd olie van Venezuela ontvang het, geplaas is. President Donald Trump het tariewe belowe vir enige land wat olie aan Kuba verskaf. Hy het ook die week gesê hy sal Kuba vat. Sy minister…
18 Mar 3AM 1 min

Inhoudskeppers en aanlyn-beïnvloeders moet ook belasting betaal

Namibië se groeiende digitale en kreatiewe ekonomie is nou amptelik op die belastingowerhede se radar. NamRA kommissaris Sam Shivute het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat inkomste wat deur inhoudskeppers en aanlyn-beïnvloeders verdien word, ten volle belasbaar is onder die huidige wette. Shivute sê die agentskap kan inkomste van buitelandse…
18 Mar 2AM 1 min

Kaap verwyder indringerplante, ontsluit 51m liter water daagliks

Die Stad Kaapstad sê die verwydering van indringerplante in wateropvanggebiede het sowat 19-miljard liter water per jaar, of ongeveer 51-miljoen liter per dag, ontsluit. Sedert 2019 is meer as 41-duisend hektaar uitgeroei. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die verwydering van spesies soos denne, bloekom en wattel…
18 Mar 2AM 1 min

Iran en Rusland is broers in haat - Zelensky

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky beskryf die regimes in Rusland en Iran as "broers in haat", en sê hierdie regimes moet nooit toegelaat word om in enige iets te wen nie. Hy het gister die Verenigde Koninkryk se parlement toegespreek as deel van sy toer na Europese hoofstede om ondersteuning…
18 Mar 1AM 1 min