
Kaap verwyder indringerplante, ontsluit 51m liter water daagliks
Loading player...
Die Stad Kaapstad sê die verwydering van indringerplante in wateropvanggebiede het sowat 19-miljard liter water per jaar, of ongeveer 51-miljoen liter per dag, ontsluit. Sedert 2019 is meer as 41-duisend hektaar uitgeroei. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die verwydering van spesies soos denne, bloekom en wattel wat baie water nodig het, dra daartoe by om meer water in damme en riviere te laat vloei, veral gedurende lae reënvaltye:

