
Iran en Rusland is broers in haat - Zelensky
Loading player...
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky beskryf die regimes in Rusland en Iran as "broers in haat", en sê hierdie regimes moet nooit toegelaat word om in enige iets te wen nie. Hy het gister die Verenigde Koninkryk se parlement toegespreek as deel van sy toer na Europese hoofstede om ondersteuning te kry vir sy land se oorlog teen Rusland. Zelensky sê sy land se bittere ervaring het gelei tot kundigheid in hommeltuig-oorlogvoering wat hy nou aanbied om lande in die Midde-Ooste te help:

