Zambezi-goewerneur weier om UDP-petisie te ontvang

Loading player...
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Dorothy Kabula, het vanmiddag geweier om 'n petisie van die United Democratic Party te ontvang. Die party wat in 2007 verban is weens sy afskeidingsagenda, wou 'n petisie indien dat die Zambezi-streek, histories bekend as die Caprivi-strook, van die res van Namibië afskei. Kabula sê die partylede moet met hul tradisionele owerhede konsulteer, wat Maandag petisies teen die party en sy afskeidingsideologieë oorhandig het.
17 Dec 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Elektriese voertuie lyk al hoe meer aantreklik, of hoe?

In tye van konflik soos die wêreld tans ondervind en wat huishoudings ook in 2022 met die oorlog in die Oekraïne lamgelê het, kan elektriese voertuie ‘m goeie oplossing wees. Terwyl die voertuie nog nie werklik ‘n groot speler in die Namibiese mark is nie, sê Jens Denk van Electric…
18 Mar 6AM 1 min

LPO beklemtoon vertroue na Meatco-vergadering

Na afloop van die Lewendehaweprodusente-organisasie en Meatco se vergadering verlede week om die toekoms van die veesektor te bespreek, het beide partye gevoel die gesprek was positief. Na 'n paar jaar van onbestendigheid was die heropbou van vertroue reg oor die beesvleiswaardeketting in die kollig. Kosmos 94.1 Nuus het met…
18 Mar 6AM 1 min

Kleinsake word deur burokrasie gekniehalter

Baie werklose Namibiërs wend hulle tot die koop en verkoop van tweedehandse klere om 'n bestaan te maak. Sommige handelaars verdien tussen 2 000 en 6 000 Namibiese dollar per maand uit die handel. Kosmos 94.1 Nuus het met die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat wat sê sektore soos hierdie…
18 Mar 6AM 1 min

BoN wen KI-prys

Die Bank van Namibië is aangewys as die wenner van die KI-inisiatieftoekenning by die gesogte Sentrale Banktoekennings, ter erkenning van die bank se suksesvolle integrasie van kunsmatige intelligensie en masjienleerinstrumente in sy daaglikse bedrywighede. Die toekenning erken instellings wat KI-tegnologieë effektief ontplooi het op gebiede soos voorspelling, likiditeitsbestuur, betalingstoesig, regulatoriese…
18 Mar 5AM 1 min

Oosthuizen sê sy fokus is nie op druk met LIV-toernooi nie

Kaptein Louis Oosthuizen sê hy plaas nie homself of enige van sy Southern Guards GC-spanmaats onder enige ekstra druk wanneer LIV-gholf hierdie week die heel eerste keer in Suid-Afrika plaasvind nie. Meer as 90 000 toeskouers sal van môre tot Sondag die toernooi in Steyn City in Johannesburg bywoon. Die…
18 Mar 5AM 1 min