Oekraïne sê gesprekke met VSA vorder

Loading player...
Oekraïne se nasionale veiligheidsraadsekretaris, Rustem Umerov, sê die jongste vredesgesprekke met die VSA was produktief en suksesvol. Umerov, wat Kiëf se nuwe hoofonderhandelaar is, het Sondag met Amerikaanse amptenare onder leiding van die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in Florida vergader vir verdere gesprekke. Amptenare het gefokus op die hersiening van 'n voorgestelde 28-punt-plan wat deur Washington en Rusland ontwikkel is. Umerov sê die vergadering se sukses spruit voort uit vorige gesprekke in Genève:
1 Dec 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tekort van meer as 2 000 polisiebeamptes in Wes-Kaap

Die DA sê die Wes-Kaap het 'n tekort van meer as 2 000 polisiebeamptes, wat beteken gemeenskappe word nie beskerm nie en is in gevaar. Volgens die party is slegs 12 908 uit 'n totaal 15 000 goedgekeurde beamptes aktief, en 471 polisievoertuie is buite werking. Benedicta van Minnen van…
20 Dec 2AM 1 min

Minder omkopery met bestuurslisensies, sê RA

Omkopery om leerling- en bestuurderslisensies te kry, blyk aan die afneem te wees, sê die Paaie-owerheid. Volgens RA-woordvoerder Hileni Fillemon was vervalste lisensies in die verlede ‘n groot probleem met sindikate wat dokumente vervals het. Bykomende veiligheidskenmerke op nuwe lisensies vergemaklik die uitken van vervalste dokumente, sê sy. Fillemon het…
20 Dec 1AM 1 min

G'n parool vir Leigh Matthews-moordenaar

Donovan Moodley, wat 'n lewenslange vonnis uitdien vir die moord op die Bond Universiteit-student, Leigh Matthews in 2004, is parool geweier. Matthews is buite die universiteit in Morningside, Sandton, ontvoer en vermoor, ten spyte van losprys van 50 000 rand wat deur haar familie betaal is. Moodley sal oor die…
20 Dec 12AM 1 min

Copps 94.1: Mesgeweld op Walvisbaai

Talle motoriste wat by padblokkades beboet is, was Vrydagaand aan die orde van die Copps 94.1-skof op Walvisbaai. Sake het egter teen die einde van die skof ‘n ernstige wending geneem met ‘n messteekvoorval op dié kusdorp. Francois Lottering van Kosmos 94.1 doen verslag van die toneel:
19 Dec 11PM 1 min