
Trump trap lelik op Japan se tone
Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het 'n diplomatieke faux pas by 'n perskonferensie in die Withuis gemaak toe hy 'n grap oor Pearl Harbour gemaak het terwyl die Japannese eerste minister, Sanae Takaichi, langs hom gesit het. Sy was sigbaar onkant gevang oor die verwysing na die aanval wat Amerika die Tweede Wêreldoorlog laat betree het. Japan handhaaf uiters hoë standaarde van etiket en goeie maniere, en kritiek deur Amerikaanse politieke ontleders stroom in oor Trump se gedrag. 'n Japannese joernalis het Trump gevra hoekom hy nie Amerika se bondgenote, soos Japan, van die oorlog saam met Israel teen Iran laat weet het nie. Luister na Trump.

