
VF Plus waarsku steeds oor dreigende brandstoftekorte
Loading player...
Terwyl die departement van Minerale en Petroleumbronne sê Suid-Afrika het genoeg brandstof ten spyte van die konflik in Iran, waarsku die Vryheidsfront Plus dat briewe van verskaffers toon vulstasies sukkel om voorraad te kry. Wynand Boshoff van die party sê sommige vulstasies het geen voorrraad nie, wat vrese vir tekorte laat ontstaan. Hy sê kenners meen vertraagde invoere en die moontlike opgaar van voorraad voor volgende maand se brandstofprysverhoging, kan die situasie en die ekonomie vererger:

