Miljoene vir selfone kon beter bestee word

Loading player...
Die regering het ongeveer 4 miljoen Namibiese dollar bestee om parlementslede van luukse iPhones en Samsung-fone te voorsien, volgens die Namibia Business Review. Daar is altesaam 142 parlementslede, 104 in die Nasionale Vergadering en 42 in die Nasionale Raad. Kabinetsministers word egter uitgesluit van die ontvangs van hierdie toestelle. Die duurste toestel wat aangekoop is, is die iPhone 17 Pro Silver 1TB, teen 40 199 dollar, terwyl die goedkoopste iPhone die 17 Pro Silver 256GB is wat 29 299 dollar by 'n plaaslike winkel kos. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van Rinaani Musutua van die Ekonomiese en Maatskaplike Geregtigheidsnetwerk.
1 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA bepleit stappe teen korrupsie in Gauteng-gesondheid

Die DA in Gauteng het premier Panyaza Lesufi versoek om dissiplinêre stappe te versnel teen die geskorste hoof van die departement van Gesondheid, Lesiba Malotana, oor 'n beweerde verband met onreëlmatige kontrakte vir die Tembisa-hospitaal. Jack Bloom van die DA sê bevindings deur die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, dui…
19 Mar 11PM 1 min

Trump trap lelik op Japan se tone

Amerikaanse president Donald Trump het 'n diplomatieke faux pas by 'n perskonferensie in die Withuis gemaak toe hy 'n grap oor Pearl Harbour gemaak het terwyl die Japannese eerste minister, Sanae Takaichi, langs hom gesit het. Sy was sigbaar onkant gevang oor die verwysing na die aanval wat Amerika die…
19 Mar 11PM 1 min

VF Plus waarsku steeds oor dreigende brandstoftekorte

Terwyl die departement van Minerale en Petroleumbronne sê Suid-Afrika het genoeg brandstof ten spyte van die konflik in Iran, waarsku die Vryheidsfront Plus dat briewe van verskaffers toon vulstasies sukkel om voorraad te kry. Wynand Boshoff van die party sê sommige vulstasies het geen voorrraad nie, wat vrese vir tekorte…
19 Mar 11AM 1 min

McIlroy sien uit na verdediging van Meesters-titel

Gholf: Die 36-jarige Rory McIlroy van Noord-Ierland sê hy is tevrede met sy herstel na sy rugbesering en hy sien uit om oor drie weke sy Meesters-titel as verdedigende kampioen te verdedig. Hy het by verlede jaar se Meesters sy vyfde major-titel gebuit en ʼn loopbaan-Grand Slam voltooi. Slegs Tiger…
19 Mar 11AM 1 min