Polisieminister gelooi voor Madlanga-kommissie

Loading player...
Die waarnemende adjunk- nasionale polisiekommissaris, Hilda Senthumule, het die ernstige gevolge van polisieminister Senzo Mchunu se besluit om die politieke moorde-taakspan te ontbind, uiteengesit. Senthumule het voor die Madlanga-kommissie getuig die skuif het voortgesette ondersoeke ontwrig en speurders wat met die taakspan verbind was, geraak. Sy het gewaarsku die ontbinding van die eenheid het 'n breër uitwerking op die bestendigheid van polisiëringsbedrywighede:
29 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Southern Guards loop voor na eerste ronde van die LIV Gholf Suid-Afrika

Die tuisspan, die Southern Guards GC, het 'n droombegin gehad in die eerste ronde van LIV Gholf Suid-Afrika by Steyn City in Johannesburg. Die span, bestaande uit kaptein Louis Oosthuizen, Branden Grace, Charl Schwartzel en Dean Burmester, is boaan die punteleer met 18 onder baansyfer. Hulle is een hou voor…
20 Mar 1AM 1 min

NAC se kuberaanval verdiep

Die kuberaanval by die Namibiese Lughawensmaatskappy verdiep en daar is kritiek dat die insident kleiner afgemaak word as wat die realiteit weerspieël. Inc Ransom sê hy het data wat menslike hulpbronne, kliënte en insidente insluit sowel as finansiële data en vertroulike data wat kontrakte insluit. Daar is ‘n losprys eis…
20 Mar 1AM 1 min

Stof jou vellies af, dis NLU Agribraai!

Die Namibiese Landbou-unie se jaarlikse Agri-braai is om die draai. Inskrywings is al ontvang vir die NLU Agribraai 2026 wat op 10 en 11 April op die Gobabis-skouterrein gehou sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Stoffel Labuschagne van Sonop Boerevereniging gesels oor die geleentheid.
20 Mar 1AM 1 min

'Daar's genoeg brandstof en styging sal nie so hoog wees nie'

Voormalige Bank van Namibië-goewerneur Johannes !Gawaxab waarsku dat die land ernstige gevolge in die gesig staar weens die oorlog in die Midde-Ooste. Behalwe vir brandstofpryse wat beslis gaan styg, en daarmee saam inflasie, is daar ook ontwrigting van skeepsroetes wat invoere en uitvoere duurder maak. Verder hou ontwrigting van kunsmis-lewering…
20 Mar 12AM 1 min

Mudge reageer op voorstel dat Henties Sam Nujomabaai word

Die IPC se skaduminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Armas Amukoto, het voorgestel dat Hentiesbaai na “Sam Nujomabaai” hernoem word ter ere van Namibië se stigterspresident. Die voorstel kom terwyl Namibiërs voorberei om die land se 36ste onafhanklikheidsherdenking te vier, met Amukoto wat burgers aanspoor om te besin oor die…
20 Mar 12AM 1 min