
NAC se kuberaanval verdiep
Loading player...
Die kuberaanval by die Namibiese Lughawensmaatskappy verdiep en daar is kritiek dat die insident kleiner afgemaak word as wat die realiteit weerspieël. Inc Ransom sê hy het data wat menslike hulpbronne, kliënte en insidente insluit sowel as finansiële data en vertroulike data wat kontrakte insluit. Daar is ‘n losprys eis maar die bedrag is nie bekend nie. Tot dusver is geen data vrygestel nie, soos Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano verduidelik.

