
Southern Guards loop voor na eerste ronde van die LIV Gholf Suid-Afrika
Loading player...
Die tuisspan, die Southern Guards GC, het 'n droombegin gehad in die eerste ronde van LIV Gholf Suid-Afrika by Steyn City in Johannesburg. Die span, bestaande uit kaptein Louis Oosthuizen, Branden Grace, Charl Schwartzel en Dean Burmester, is boaan die punteleer met 18 onder baansyfer. Hulle is een hou voor Smash GC en twee houe voor Crushers GC. Burmester sê die eerste ronde was die beste dag wat hy nog op 'n gholfbaan deurgebring het:

