'Daar's genoeg brandstof en styging sal nie so hoog wees nie'

Loading player...
Voormalige Bank van Namibië-goewerneur Johannes !Gawaxab waarsku dat die land ernstige gevolge in die gesig staar weens die oorlog in die Midde-Ooste. Behalwe vir brandstofpryse wat beslis gaan styg, en daarmee saam inflasie, is daar ook ontwrigting van skeepsroetes wat invoere en uitvoere duurder maak. Verder hou ontwrigting van kunsmis-lewering 'n gevaar vir landbou in en wisselkoersbewegings kan uiters nadelig wees. !Gawaxab sê dat April se brandstofpryse dalk nie so drasties sal verhoog as in Suid Afrika nie.
20 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toerismebeleid volgende week in Windhoek onder die loep

Die toerismeministerie sal volgende week, op 24 Maart, konsultasies in die hoofstad hou rakende die vernuwing van die 2008 Nasionale Beleid oor Toerisme vir Namibië. Industrieleiers en belangstellendes word uitgenooi om die gesprekke by te woon en insette te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die lynministerie,…
20 Mar 3AM 1 min

Trump verwag skerper styging in olie

President Donald Trump sê die ekonomiese uitwerking van die Verenigde State en Israel se aanvalle in Iran was tot dusver kleiner as wat hy verwag het. Dit is ten spyte van skerp stygings op wêreldwye energiemarkte, insluitend die van Brent-ruolie, terwyl die Straat van Hormuz, wat ʼn vyfde van die…
20 Mar 3AM 1 min

Kaapstad werk hard teen BKS

Die Stad Kaapstad sê hy is steeds verbind tot voortgesette pogings om bek-en-klouseer-uitbrekings te beperk. Byna 2 600 stuks vee is ingeënt in Mfuleni, Delft, Khayelitsha, Nyanga en Philippi-Oos, met veeartsenykundige personeel wat deur wetstoepassing begelei word. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê kontrolepunte is opgestel om…
20 Mar 2AM 1 min

Bibi sê Israel het alleen opgetree met aanval op South Pars-veld

Israeli se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê sy land het alleen opgetree toe hy Iran se belangrike energie-terrein, die South Pars-veld, vroeër die week aangeval het. President Donald Trump van Amerika het hom gedistansieer van Israel se aanval op die wêreld se grootste gasveld en sê Washington het nie daarvan…
20 Mar 2AM 1 min

Southern Guards loop voor na eerste ronde van die LIV Gholf Suid-Afrika

Die tuisspan, die Southern Guards GC, het 'n droombegin gehad in die eerste ronde van LIV Gholf Suid-Afrika by Steyn City in Johannesburg. Die span, bestaande uit kaptein Louis Oosthuizen, Branden Grace, Charl Schwartzel en Dean Burmester, is boaan die punteleer met 18 onder baansyfer. Hulle is een hou voor…
20 Mar 1AM 1 min